Hallo! Vertel saam asseblief …

So bly jy het ‘n draai kom maak hier by kusweg.co.za – Hoop jy is net so lief vir hierdie stukkie pad en die mense wat hier woon en vakansie-hou soos wat ons is. Maak jou tuis en sluit aan by ons Kusweg-Liefhebbers via die SUBSCRIBE knoppie.

Ek beplan om nuus uit Tergniet, Reebok en Glentana te deel – met ‘n sterk fokus op die straat en die strand. Daar is baie nuus en groepe oor die wye gemeenskap, maar ek wil graag die fokus nou en spesifiek hou. Laat weet my enige tyd as hier iets interessants gebeur of aangebied word in Kusweg self. Baie dankie.

Ek is spesifiek op soek na die stories uit die verlede oor die lewe hier by die kus. Daar is straatname soos Bredell, Muller, Van Zyl, Ockers ensovoorts, in die nabye omgewing en ek is oortuig daar is stories wat wag om vertel te word. Hierdie is so poging.